Kommer oor brande in informele nedersettings met koue wat voortduur

Met die koue weerstoestande in die meeste dele van die land, maak baie inwoners in informele nedersettings gebruik van vuur as ‘n bron van hitte. Oor die jare heen is die gevolge van brande in die informele nedersettings gesien, wat tot die verlies van eiendom, en selfs lewens, gelei het. Die Erongo-streek se informele nedersettings het ‘n groot aantal brande gehad en om daardie rede doen Nampol se inspekteur vir gemeenskapsake, Ileni Shapumba, ‘n beroep op inwoners om te alle tye versigtig te wees wanneer hulle vuur maak.