Geingos sien af van betaling van lastersaak teen Hishoono

Die regsfirma Sisa Namandje and Company het namens die presidentsvrou, Monica Geingos, ‘n verklaring uitgereik in verband met haar lastersaak teen Abed Hishoono. Hishoono het op sosiale media ‘n video gedeel waarin hy sê dat die likwidasie van Air Namibia veroorsaak is deur Geingos omdat sy aandele in die destydse Westair besit het. Sy is skadevergoeding en kostes van amper 650 000 Namibiese dollar toegestaan. Hishoono, ‘n onderwyser en IPC-mobiliseerder in die Ohangwena-streek, kan haar nie betaal nie. In die verklaring sê Geingos sy sal afsien van die betaling van die geld. Sy sê die saak het nie oor geld gegaan nie, maar eerder oor haar reputasie en waardigheid. Sy sê verder dat sy voort sal gaan om haar regte, en die van haar kinders, te beskerm. Hishoono het onlangs gesê hy kon net 20 000 dollar invorder en het die publiek gevra om skenkings te maak.