Koalisieregerings onder die loep

Vanaand in Windhoek bespreek die jong aktiviste van die Leierskap-ontwikkelingsprogram, die Alumni-vereniging, koalisiepolitiek in die strewe na beter dienslewering en goeie regering. Aktivis George Kambala, voorsitter van die vereniging sê aan Kosmos 94.1 Nuus die bespreking sal fokus op koalisieregerings wat nuut is vir Namibië en hoe dit help om die politieke landskap te vorm.  

Kambala sê koalisies werk net in sommige gebiede waar dit beoefen word.