Speaker vra vir wedersydse respek in die NV

Verlede week Woensdag het lede van die opposisiepartye uit die Nasionale Vergadering gestap na opmerkings van die Swapo Party-parlementslid, Veikko Nekundi, wat glo aanstoot aan lede van die opposisie gegee en hulle laat uitstap het. Verlede Donderdag het die opposisie weer uitgestap en geen kworum is bereik nie. Die opposisie meen dat die speaker van die Nasionale Vergadering professor Peter Katjavivi bevooroordeeld teenoor die opposisiepartye opgetree het. Vandag tydens die hervatting van die NV-sitting het die speaker die saak aangespreek.