Jasper Wiese is terug in Springbokspan

Rugby: Jasper Wiese is terug in die Springbokke se beginspan, met ʼn nuwe slot- en senterpaar vir Saterdag se toets teen Italië in Genua. Salmaan Moerat en Marvin Orie begin as die slotte en Franco Mostert skuif van slot na flank. Eben Etzebeth is op die bank. Afrigter Jacques Nienaber het ook vir André Esterhuizen op senter gekies om ʼn splinternuwe kombinasie in die middelveld saam met Damian de Allende te vorm.