Klimt werk behaal N$615m

Een van die laaste werke van die Oostenrykse skilder Gustav Klimt, Portret van Fräulein Liezer, is vir sowat 615 miljoen Namibiese dollar verkoop op ‘n veiling in Wene. Die skildery is lank as verlore bestempel, maar dit het onlangs aan die lig gekom dat dit in ‘n Oostenrykse burger se privaat besit was. Daar word geglo dat die skildery een van die dogters van die broers Adolf óf Justus Liezer uitbeeld, wat uit ‘n ryk familie van Joodse nyweraars gekom het. Die Im Kinsky-afslaers sê die skildery is een van die mooiste uit Klimt se laaste skeppende tydperk.