Familieboerdery? Hoe gemaak? NLU bied meesterklas aan

Die Namibië Landbou-unie gaan ‘n reeks aanbied oor “Familieboerdery – ‘n meesterklas” met Theo Vorster en sy span. Die meesterklasse gaan in Mariental op 26 Augustus en in Windhoek op 27 Augustus plaasvind. Lede van die publiek kan die landbou-unie kontak om plek te bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Piet Gouws, die vorige president van die landbou unie, wat meer inligting oor die geleentheid gee.