SA-toerisme sê ergste is verby

Die Suid-Afrikaanse toerisme- en gasvryheidsbedryf glo die ergste is verby. Kenners van die bedryf in die buurland is positief dat hulle die storm oorleef het, en dat die bedryf nou gereed is vir volle herstel ná die ongekende onstuimigheid weens deur die staat van inperking. Dit is ten spyte van vele instellings wat sedertdien vir goed hul deure moes sluit. Sun International se hoof uitvoerende beampte Anthony Leeming het tydens die Think Big Series-seminaar opnuut gefokus op optimale toeriste-ervarings ten einde kompeterend te bly.