Klimaat: Tyd raak min

Veertig-persent van die wêreld se bevolking word blootgestel aan klimaatsverandering. Dit is volgens die Verenigde Nasies se jongste verslag van die tussen-regeringspaneel oor klimaatsverandering. Volgens die verslag tref uiterste weerstoestande wat met klimaatsverandering verband, hou mense en ander spesies baie swaarder as wat voorheen vermoed is. Tussen 2010 en 2020 het 15 keer meer mense in kwesbare gebiede in oorstromings, droogtes en storms gesterf. Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, sê hierdie verslag is ‘n verdoemende aanduiding van mislukte klimaatsleierskap: