Opdraande stryd vir Rusland in Oekraïne

‘n Amerikaanse senator, Chris Murphy, sê Rusland is agter met sy beplande tydlyn vir die inval in Oekraïne. Hy het die opmerkings gemaak nadat hy deelgeneem het aan ‘n geklassifiseerde inligtingsessie oor die krisis. Murphy sê Oekraïne bied verbete weerstand en daar is vele gevalle waar Russiese toerusting en logistiek misluk het. Hy sê Amerika en sy vennote werk saam om nie net die bates van die Russiese President Vladimir Putin en sy oliemagnaat-vennote te vries nie, maar om ook daarop beslag te lê. Hy sê dit is vermoedelik ‘n stap verder as wat Putin se binnekring verwag het.