Visrivier se vlak by Ai-Ais is 1,32 meter

Volgens die Namibiese Hidrologiese Dienste het die Visrivier se vlak vanmiddag by Ai-Ais op 1,32 meter gestaan en die Kuisebrivier se vlak is 0,40 meter by die Gobabeb-navorsingsentrum. Die Oranjerivier se vlak het vanoggend by Blouputs tot 2,05 meter gedaal. Die Zambezirivier by Katima Mulilo styg steeds en het vanoggend tot 2,51 meter gestyg wat bo-normaal is en die Okavangorivier by Rundu het tot 5,29 meter gestyg.