Tyla beindruk by Met Gala met rok bedek in sand…

Tyla se Grammy-bekroonde treffer kan dalk “Water” genoem word, maar dit was sand wat sy by die 2024 Met Gala omhels het.

Die Suid-Afrikaanse musikant het Maandagaand haar Costume Institute-debuut gemaak en by die geleentheid aangekom in ‘n velstywe rok wat deur Balmain ontwerp is.

Foto: Getty Images

Sy bandlose, vormpassende ontwerp was uiters gewaagd – dit het die buitelyne van haar lyf van voor tot agter gewys – en dit was ook redelik broos.

Die rok is geheel en al met sand bedek. Terwyl die amptelike tema vir die aand “The Garden of Time” was, is sy eerder geïnspireer deur “the sands of time” vir die kenmerkende ontwerp. Tyla het ook sand oor een skouer en voorarm gehad. Sy het haar voorkoms voltooi met ‘n uurglas wat in die plek van ‘n handsakkie gehou word.

Foto: Getty Images

Toe een van die aanbieders by die gala-geleentheid vir haar vra of sy vir aandete sal kan aansit, was Tyla se antwoord eenvoudig.

“Wie weet? Ons sal dit uitvind. Wie gee om? Ek lyk oulik!”

Tyla se Grammy-bekroonde treffer kan dalk “Water” genoem word, maar dit was sand wat sy by die 2024 Met Gala op die voorgrond geplaas het.

Die Suid-Afrikaanse musikant het haar Costume Institute-debuut gemaak en by die geleentheid aangekom in ‘n stywe rok wat deur Balmain ontwerp is. Sy bandlose, vormpassende ontwerp was uiters gewaagd – dit het die buitelyne van haar lyf van voor tot agter gewys – en dit was ook redelik broos.

Foto: AFP via Getty Images

Die rok is geheel en al met sand bedek. Terwyl die amptelike tema vir die aand “The Garden of Time” was, is sy eerder geïnspireer deur “the sands of time” vir die kenmerkende ontwerp. Tyla het ook sand oor een skouer en voorarm gehad. Sy het haar voorkoms voltooi met ‘n uurglas wat in die plek van ‘n handsakkie gedra was.

Toe een van die aanbieders by die gala-geleentheid vir haar vra of sy vir aandete sal kan aansit, was Tyla se antwoord eenvoudig.

“Wie weet? Ons sal dit uitvind. Wie gee om? Ek lyk oulik!”

Een ding is verseker! Sy sou heel aand hulp nodig gehad het siende dat sy reeds die hulp van vier mans nodig gehad het om haar by die Metropolitan Museum-trappe op te dra. Een het haar fisies opgetel terwyl die ander haar rok se sleep vasgehou het.

Foto: AFP via Getty Images