Kleinhandelaars in brandstof beleef ‘n krisis, vergader môre

Die plaaslike vereniging vir brandstof-handelaars sal môre om twee-uur vergader om, soos wat hy beskryf, die krisis waarin kleinhandelaars in die vulstasie -bedryf vasgevang is, te bespreek. Die vereniging sê hy wag reeds twee jaar dat owerhede sy klagtes aanspreek nie. Die voorsitter van die vereniging Hennie Krüger sê die winsmarge is belaglik en die stand van sake kan nie so aangaan nie.