Jeremia van Wyk kry 24 jaar vir verkragting

Die veroordeelde verkragter Jeremia van Wyk, 52, is vanoggend 24 jaar tronk toe gestuur vir die verkragting van ‘n vyf-jarige meisie in 2019. Regter Naomi Shivute het hom gevonnis. Die saak het destyds skokgolwe deur die gemeenskap gestuur omdat hy vermoedelik ‘n kleuter by haar kleuterskool ontvoer het op 1 Augustus 2019. Die dogtertjie is bekend aan hom. Hy het gesê hy was onder die invloed van drank en dwelms tydens die insident. Die kind was volgens berigte meer as agt ure in sy geselskap voor sy saam met hom in ‘n kroeg gevind is.  Daar word berig Van Wyk het talle vorige skuldigbevindings wat in 1984 begin het met diefstal tot 2002 toe hy 16 jaar tronkstraf ontvang het vir moord, roof en dwarsboming van die gereg.