Maak vandag jou voertuig vol, asb.

Namibiese motoriste word daaraan herinner dat die brandstofprys vanaand om middernag styg. Lede van die publiek blameer die regering vir die styging maar die stelsel vir handel in ru-olie en petroleumprodukte word streng gereguleer en is buite die regering se beheer. Die woordvoerder van die Namibiese ministerie van myne en energie Andreas Simon, sê daar is reuse onderverhalings in die afgelope maand aangeteken.