Klein verligting: brandstofprys onveranderd

Die Namibiese brandstofprys is onveranderd vir Januarie. Volgens ‘n verklaring deur die ministerie van myne en energie, het die olieprys gestabiliseer en terwyl die Suid-Afrikaanse rand en Namibiese dollar verswak het teen die Amerikaanse geldeenheid, sê die ministerie die huidige brandstofprys is in lyn met internasionale pryse. Daar is ‘n oorverhaling van 21 sent per liter petrol en amper 19 sent per liter diesel in Desember aangeteken maar, ‘n 110 miljoen dollar onderverhaling is in November aangeteken. Die Nasionale Energiefonds sal die onderverhaling dra. Pomppryse aan die kus is dus 15 dollar 65 sent vir ‘n liter petrol en 15 dollar 58 sent per liter diesel.