Proteas sal alles moet gee teen Indië

Dean Elgar het gister ‘n onoorwonne 52 vir Suid-Afrika aangeteken aan die einde van die vierde dag se spel van die eerste toets teen Indië in Centurion. Die Proteas se telling was toe 94 vir vier in hulle tweede beurt en hulle het nog 211 lopies nodig om die besoekers te klop. Kagiso Rabada en Maco Jansen het vroeër in die dag vier paaltjies elk laat kantel en die besoekers is almal vir 174 uitgehaal, wat ‘n teiken van 305 vir ‘n oorwinning vir die Proteas gestel het.