Klein- en medium sakeondernemings bied werk aan 160 000

Die belangrikheid van klein- en medium sakeondernemings is weer beklemtoon met die aankondiging dat die maatskappye 12 persent tot die land se ekonomie bydra. Namibië het ongeveer 33 700 van die ondernemings wat kos op die tafel sit vir 160 000 werkers. Penda ya Ndokolo, die goewerneur van Oshikoto, wat die aankondiging by die Know2Grow NextGen Entrepreneurs-ekspo gemaak het, sê dit is uiters belangrik dat ‘n omgewing geskep word vir jongmense in die land om hulle besigheidsplanne te kan uitvoer.