Eskom, Kaapstad-hawe kelder groei in wynbedryf

Die Wes-Kaapse Departement van Landbou sê selfs met verhoogde uitvoere word die herstel van die wynbedryf aan bande gelê deur mislukkings by Eskom en die Kaapstadse hawe. Volgens die departement het die wynuitvoere verlede jaar 388 miljoen liter gehaal, ‘n herstel van 70 miljoen liter vergeleke met 2020. ʼn Woordvoerder van die DA, Andricus van der Westhuizen, sê ander faktore wat kostes laat ophoop, soos die koste van inflasie op plaasvlak, beteken wynprodusente werk in ʼn omgewing wat vyandig is teenoor groei: