Boere moet asb. aan die Meatco-peiling deelneem

Die Namibiese Landbou-unie sê die Ontwikkelingsbank van Namibië het Ombu Capital aangestel om ‘n omvattende oorsig te verskaf oor die sakestrategie, sakeplan en finansiële model van Meatco. Die Ombu Capital-span bestaan uit onafhanklike kundiges wat belanghebbendes in die Namibiese vleiswaardeketting betrek om perspektiewe op die vleisbedryf as geheel, en Meatco in die besonder, te verkry. Die unie vra produsente om ‘n vraelys te voltooi met die sperdatum wat volgende week Woensdag, 23 November is.