Kinders van die vryheidstryd eis veterane-voordele

Plaaslike media berig dat die sogenaamde kinders van die vryheidstryd dreig om in 2024 van die stembus weg te bly as hulle nie as begunstigdes van die oorlogsveterane geregistreer is nie. Veterane ontvang of ‘n eenmalige betaling van 50 000 Namibiese dollar sowel as 20 000 dollar, of ‘n maandelikse toelaag van 2 000 dollar, die hoogste toelaag in die land. Veterane kwalifiseer ook vir 200 000 dollar vir spesiale projekte wat hulle wil loods. Die groep, wat van minder as 70 bestaan het, het opgeruk na die verdedigingsministerie om ‘n versoekskrif te oorhandig.  Daar is onlangs berig dat net minder as 6 100 kinders van oorlogsveterane voordeel uit die toelaag trek. Van die groep as 804 onder die ouderdom van 18 met 5 287 wat ouer as 18 is.