Okahandja se leiers sal op 9 Desember verkies word

Die uitvoerende hoof van Okahandja sê die landdros kan eers op 9 Desember die verkiesing van ampsdraers van die Okahandja-munisipaliteit behartig, nadat die verkiesing voor 30 November moes plaasgevind het. Okahandja is tans sonder ‘n burgemeester tot 9 Desember ná die verstryking van ampstermyne vir die betrokke ampsdraers. Al die raadslede is tans net raadslede sonder portefeulje en dit beteken ook dat daar geen burgemeester of bestuurskomitee is nie. Die uitvoerende hoof, Alphons Tjitombo verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus…