Yengeni sê Ramaphosa moet bedank

‘n Lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, Tony Yengeni, sê President Cyril Ramaphosa moet die Grondwet en Suid-Afrikaners respekteer en bedank. ‘n Onafhanklike paneel van drie lede het bevind Ramaphosa het moontlik die Grondwet oortree en ernstige wangedrag gepleeg. Dit hou verband met die diefstal in 2020 van miljoene rande se buitelandse valuta op sy plaas in Limpopo. Yengeni sê sommige lede van die NUK gaan vanmiddag by die vergadering aandring dat Ramaphosa die oppergesag van die reg respekteer: