Kinders is wel veiliger by skole

Die Namibiese onderwysminister, Anna Nghipondoka, het ‘n beroep op onderwysers gedoen om ingeënt te word. Sy sê die ministerie het opgemerk dat daar nie ‘n aansienlike afname in die infeksiekoers was as toe skole oop of toe was nie. Nghipondoka het gesê daar was slegs ‘n afname in die infeksiekoers tussen onderwysers van 0,2 persent en 1,6 persent tussen leerders in die afgelope paar weke toe skole toe was. Collette Rieckert, voorsitter van die Privaatskole-vereniging, sê aan Kosmos 94.1 Nuus sê sy stem saam met die minister.