Mexiko gaan VSA wapenvervaardigers dagvaar

Mexiko se regering het met regstappe begin teen ‘n aantal Amerikaanse vuurwapenvervaardigers wat volgens dié land daadwerklik smokkelhandel in vuurwapens moontlik maak. Die wapenvervaardigers in Mexiko se visier sluit in Smith and Wesson en Barrett Firearms. Mexiko sê die vervaardigers is bewus van die feit dat hul produkte onwettig verkoop en aangewend word in misdadige optrede teen die land se inwoners en owerhede. Internasionale media berig dat ongeveer 70 persent van die wapens wat na Mexiko gesmokkel word, uit Amerika kom.