Rehoboth-rugbyspeler sterf in ongeluk

Die FNB Rehoboth-rugbyklub het die afsterwe van sy gewilde losvoorspeler Cameron McNab aangekondig nadat hy vanoggend in ’n motorongeluk gesterf het. Hy sou op Donderdag 14 April 26 jaar oud geword het. In sy rugbyloopbaan het hy ook die Hoërskool Dr. Lemmer op Rehoboth, die Namibiese onder-18 Cravenweekspan, die Namibiese onder.20-span en die Universiteit van Namibië verteenwoordig. Die eerste en tweede spanne van Rehoboth-rugbyklub se wedstryde sal na verwagting nie later vanmiddag by Wanderers gespeel word nie, maar wel uitgestel word.