Bank onderhandel vir aandele in plaas van betaling

Daar word berig dat Standard Bank tans in onderhandelings met eiendomsmaatskappy is om aandele te bekom as deel van die betaling van skuld. Volgens plaaslike media moet die ooreenkomste nog deur die Bank van Namibië en die Mededingingskommissie goedgekeur word. Volgens die bank is dit deel van normale praktyk maar, dit is op die stadium nie duidelik of die bank ook so met ander sektore werk om skuld te delg nie. In 2021 het Standard Bank se huislenings op 12,7 miljard Namibiese dollar gestaan.