Kenny Kunene skuldig bevind aan haatspraak teen Malema

Die EFF het die hoogggeregshof in Johannesburg se beslissing in die saak tussen die partyleier, Julius Malema en die adjunkpresident van die Patriotic Alliance, Kenny Kunene, verwelkom. Die hof het Kunene skuldig bevind aan haatspraak. Kunene het Malema verlede jaar tydens ‘n televisie-onderhoud ‘n irriterende kakkerlak genoem. Malema het ‘n lastereis van ‘n miljoen rand teen Kunene ingedien en ook ‘n verskoning geëis. Kunene het egter geweier, en gesê Malema het al ander politieke leiers beledig en daarmee weg gekom. Malema het hom daarna tot die howe gewend. Die hof het nou bevind dat die belediging binne die historiese konteks daarvan, op haatspraak neerkom. Tydens die Rwandese volksmoord in 1994, is daar na die Tutsi’s as kakkerlakke verwys. Kunene het nou 30 dae om Malema om verskoning te vra.