Geingos: Eerste dames van Afrika veg teen MIV  

Die Presidentsvrou van Namibië, Monica Geingos, in haar hoedanigheid as President van die Organisasie van Afrika Eerste Dames vir Ontwikkeling, sê sy voel nederig dat die organisasie by die stryd teen MIV ingesluit is. Die bekendstelling van die Global Alliance to End AIDS in Children teen 2030 het vandag in die Tanzaniese hoofstad, Dar Es Salaam, plaasgevind. Geingos het die merkwaardige werk wat reeds deur eerste dames in hierdie verband op die vasteland gedoen is deur die Free to Shine-veldtog, beklemtoon. Afrika se eerste dames het belowe om hul platforms te gebruik om sterk voorspraak regoor die vasteland te bied vir vroue, tieners en kinders wat met MIV leef.