ActionSA gekant teen nasionale ramptoestand

ActionSA sê die land is midde-in ʼn energiekrisis wat ʼn nasionale ramptoestand mag regverdig, maar die party is gekant teen die implementering van sulke drastiese maatreëls onder die leierskap van die ANC. ʼn Woordvoerder van ActionSA, Lerato Ngobeni, sê, hoewel die party erken dringende stappe is nodig vir die energiekrisis, moet Suid-Afrikaners nie uit die oog verloor nie dat diegene wat nou noodmaatreëls wil inspan, self die argitekte is van die ramp.