Kenner sê staatsamptenare gaan binnekort nog ‘n verhoging vra

Die bekende Namibiese arbeidskenner Herbert Jauch is van mening dat Namibiese staatsamptenare binnekort vir nog ‘n verhoging gaan vra. Vakbondlede het ook die onlangs salarisverhogings vir staatsamptenare ‘n mislukking genoem, en het werkers aangemoedig om hul lidmaatskap by die huidige bedingingsvakbonde te kanselleer. Dit volg na Namibiese Nasionale Onderwysers-unie, Nantu, en Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers, Napwu met die regering ‘n ooreenkoms onderteken het. Die adjunk-sekretaris-generaal van die Staatsdiens-unie van Namibië, Ujama Kaahangoro, het intussen Nantu en Napwu gekap en hulle daarvan beskuldig dat hulle versuim het om staatsamptenare regverdig te verteenwoordig. Jauch gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.