Lyk of die ergste koue verby is, maar nie vir die Suide nie

Soos die einde van Augustus naderkom, is Namibiërs nie seker of die land ‘n uiters koue front voor die einde van die winter kan verwag, en of die uiters koue weerstoestande verby is nie. Johan van den Berg, ‘n weerkenner in Suid-Afrika, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit lyk of die erge koue verby is, maar dalk nie vir die Suide nie.