Rooilyn-hofsaak staan stil

Die omstrede rooilyn-hofsaak van die Affirmative Repositioning-leier Job Amupanda is vandag weer voor regter Shafimana Ueitele. Die saak staan op die oomblik stil en daar is verskeie aansoeke ingevolge verskeie reëls van die hof. Daar is ook ‘n kwessie met die vyfde respondent, die Vleisraad, en sy kostes. Amupanda wil ook aansoek doen vir beskerming van kostes. Daar is ook uitdagings met die kommunikasie tussen die verskeie regsverteenwoordigers van die partye. Daar is vyf respondente wat die landbouminister, die regering, die prokureur-generaal, en Hango Naminga insluit. Die saak handel oor wat Amupanda beskryf as diskriminasie teen die boere in die kommunale gebied Noord van die kordonheining. Hy voeg by dat die rooilyn die beweging van diere en swartmense beperk en is dus ongrondwetlik en ‘n oorblyfsel van die koloniale tyd. Die aansoek volg nadat vleis op 17 Mei verlede jaar by hom by Oshivelo gekonfiskeer is.