Kenner sê oor moontlike wraakaanval deur VSA

Dit is nie duidelik of Amerikaanse magte ‘n aanval op die sogenaamde Khorasan-provinsie van die Islamitiese Staat sal uitvoer of nie, en wanneer dit sal gebeur nie. President Joe Biden het die groep gewaarsku dat Amerika sal terugslaan, op ‘n tyd en ‘n plek wat hy self sal kies. Kosmos 94.1 Nuus het met ‘n kenner in die Amerikaanse politiek, Brook Spector, gepraat.