NWR se salarisbesnoeiings is wettig

Namibia Wildlife Resorts was die eerste onderneming in staatsbesit wat in Julie aangekondig het dat personeel se salarisse gesny sal word. Dit was deel van die toerismemaatskappy se maatreëls vir kostebesnydings oor die afgelope 16 maande. Daar was berigte dat salarisbesnydings onwettig is, maar volgens die besturende direkteur, Matthias Ngwangwama, is dit volgens die arbeidswet gedoen. Hy sê met die pandemie wat die toerismesektor hard geslaan het, is dit op ‘n persoonlike vlak vir hom pynlik. Ngwangwama het aan Kosmos 94. Nuus gesê die maatskappy het nie ‘n keuse gehad nie, want salarisse beslaan die grootste deel van hul uitgawes.