Katima kan nie uitdagings aanspreek as inwoners nie rekenings betaal nie

Die dorpsraad van Katima Mulilo se uitdagings duur voort. Daar is nie net finansiële uitdagings nie maar ook infrastruktuur wat dringend opgeknap moet word. Maar, inwoners betaal nie hulle munisipale rekenings nie en dit vererger die probleme verder. Die dorp se hoof uitvoerende beampte Rafael Liswaniso, het dit so uiteengesit.