LPM sê oor dreigende hofsaak as volksmoord nie weer onderhandel word nie

Prokureurs van Duitsland en Namibië oorweeg dit om ‘n regsgeding by ‘n hof in Namibië aanhangig te maak om die wettigheid van ‘n gesamentlike verklaring deur die twee lande te laat hersien. Die regsfirma Weder Kauta en Hoveka tree namens die LPM-leier, Bernadus Swartbooi, die Ovaherero Tradisionele Owerheid, en die Nama Tradisionele Leiersvereniging op om ‘n regsgeding teen die Namibiese en Duitse regerings oor die volksmoord-ooreenkoms te open. Dit is nadat adjunkpresident Nangolo Mbumba, aangedui het die regering sal weer met hul Duitse eweknieë vergader om die reparasie-betaling van 18 miljard Namibiese dollar te hersien, omdat nie alle gemeenskappe tevrede is met die onderhandelinge nie. Eneas Emvula, woordvoerder van LPM, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.