Kaping-verdagtes verskyn vandag

Die ses mans wat van die nou-berigte kaping in die hoofstad beskuldig word, sal vandag in die Katutura-landdroshof verskyn. Die ses het na wat beweer word, ‘n 27-jarige vrou Sondagaand by die afrit van Florence Nightingale-straat gekaap. Die voertuig is later naby Goreangab gevind met onderdele wat gesteel is. Drie van die mans het polisie-uniforms aangehad en hulle voertuig was toegerus met blou en rooi ligte. Nampol het skerp hierop gereageer vroeër die week. Die ses is reeds Woensdag vasgetrek. Hulle ouderdomme wissel van 22 tot 36.