Stellings oor inentings en vroue ‘verkeerdelik’ aangehaal in buurland

Die Suid-Afrikaanse Geslagsgelykheidskommissie het sy omstrede verklaring teruggetrek oor die uitwerking van Covid-19-inentings op vroue se voortplantingsgesondheid. Hy sê dit is verkeerdelik uit ‘n artikel uit ‘n mediese joernaal aangehaal. Die kommissie het gesê verpligte inentings is verkeerd, veral vir vrugbare vroue. Die Departement van Gesondheid het die verklaring gekritiseer en gesê die kommissie het nie alle beskikbare bewyse oorweeg nie. Die kommissie se voorsitter Tamara Mathebula sê hulle is spyt die verklaring het die publiek se aandag onnodig van die stryd teen Covid-19 afgelei: