Kankervereniging doen kankertoetse in die Hardap-streek

Die Kankervereniging van Namibië is besig met hul nasionale uitreikprogram en werk tans in die veld in die Hardap-streek. Op Rehoboth is 90 vroue en 40 mans vir kanker getoets. Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die vereniging, nooi inwoners van Aranos uit vir gratis kankertoetse.

Hansen sê daar is steeds mans wat skepties is oor prostaatkankertoetse, maar dit is slegs ‘n vingerprik.