HAN: Kamerbesetting was 23% in 2021

Volgens die Gasvryheidsvereniging van Namibië se akkommodasiestatistieke vir 2021, was kamerbesetting 23 persent in 2021, in vergelyking met 16 persent in 2020. Maar, die persentasies is minder as die helfte van die normale toerismevloei vir Namibië in 2019 toe Namibië se jaarlikse kamerbesetting 53 persent was. Gitta Paetzold van die vereniging sê aan Kosmos 94.1 Nuus die toerismebedryf kan verbeter as almal saamwerk om die Covid-pandemie uit te wis.