Altesaam 233 692 toeriste het Namibië in 2021 besoek

Die Namibiese minister van toerisme, Pohamba Shifeta, het vandag statistieke van toeriste-aankomste aangekondig. Vanaf Januarie tot Desember 2021 het 37,81 persent meer toeriste Namibië besoek as in vergelyking met 2020. Altesaam 233 692 toeriste het Namibië in 2021 besoek, teenoor 169 565 toeriste in 2020. Nathaly Ahrens van die Toer- en Safari-vereniging, Tasa, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die Omikron-variant het baie skade aan toerisme berokken het.