Kanada sluit aan by diplomatieke boikot teen Beijing Spele

Kanada het aangesluit by Amerika, die Verenigde Koninkryk, Australië en Nieu-Seeland se diplomatieke boikot van volgende jaar se Beijing Spele in China. Die rede hiervoor is vermeende menseregteskendings in China, wat ten sterkste deur Beijing ontken word. Die Kanadese eerste minister, Justin Trudeau, sê hulle bly diep besorgd oor berigte van menseregteskendings in China, maar hulle ondersteun Kanada se atlete wat hard werk om op die wêreldverhoog mee te ding.