Boris Johnson kondig strenger Covid-beperkings vir Britte aan

Die Verenigde Koninkryk se eerste minister, Boris Johnson, het strenger Covid-beperkings aangekondig in ‘n poging om die verspreiding van die Omikron-variant te bekamp. Die nuwe beperkings sluit in dat mense van Maandag af van die huis af werk waar moontlik; van môre af maskers moet dra in meer openbare plekke soos flieks en teaters; en binne ‘n week ‘n verpligte inentingspaspoort by nagklubs en plekke met groot skares. Johnson sê hierdie maatreëls is noodsaaklik.