Namibiese ambassadeur in Tanzanië wil voedselsekerheid in Namibië bevorder

Die Namibiese ambassadeur in Tanzanië, Lebbius Tobias, sê hy het ekonomiese aktiwiteite tussen die twee lande ontsluit om voedselsekuriteit te verseker. Tobias het uit Dar es Salaam gesê hy het vergaderings met die goewerneurs van al 14 streke gehou oor ‘n vennootskap om rys, groente en vrugte te begin produseer om voedselsekerheid te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het aan Namib Mills se uitvoerende hoof, Ian Collard, gevra of Suider-Afrikaanse lande ‘n uitdaging met voedselsekuriteit het voor die volgende oesseisoen. Hy het so geantwoord: