Kanada hef S-Afrikaanse reisverbod op

Kanada het aangekondig die beperking op reisigers uit Suid-Afrika en ander Afrika-lande gaan opgehef word. Toetsvereistes gaan weer ingestel word weens die Omikron-variant van Covid-19 wat hospitale vinnig kan laat vol word. Reisbeperkings op vlugte uit Namibië, Suid-Afrika, Mosambiek, Botswana, Zimbabwe, Lesotho, Eswatini, Nigerië, Malawi en Egipte word môre opgehef. Voor-aankoms negatiewe toetse word van Dinsdag af vir alle reisigers heringestel. Die Kanadese regering waarsku dat dit nie nou tyd vir reis is nie.