Nam kort miljarde vir klimaatsaanpassing

Die Namibiese minister van landbou Calle Schlettwein sê dat die noodsaaklikheid van kos en water die belangrikste van alle behoeftes is wat die mensdom kan hê. In die verband, is die eerste aanpassingsverslag van die regering aan die VN se klimaatsverandering-agentskap ingedien. Aanpasbaarheid word as uiters belangrik bestempel omdat klimaat besig is om onherroeplik te verander. Luidens die verslag het Namibië 27,3 miljard Namibiese dollar tussen 2021 en 2030 nodig om die teikens te behaal. Daarvan is 26 persent vir landbou, 21 persent vir bosbou en 12 persent vir kusgebiede, nodig. Namibië het, nes talle ander lande, dringende bystand nodig omdat tot 40 persent van die land se inwoners bestaansboere is wat staatmaak op die klimaat om te oorleef. Dit sluit kommersiële boere, wat ook afhanklik op reënpatrone is, uit.