Andy op sy stukke oor Rafa-oorwinning

Andy Murray van Brittanje was op sy stukke toe hy sy ou teenstander Rafael Nadal in skoon stelle by die Mubadala Wêreldkampioenskap geklop het. Die 34-jarige Murray het die 20-malige groottoernooi-kampioen met 6-3, 7-5 in die halfeindstryd van ‘n vertoontoernooi in Abu Dhabi geklop. Die wedstryd was die 35-jarige Nadal se eerste sedert ‘n voetbesering hom uit die laaste maande van die 2021-seisoen gehou het. Murray speel vandag in die eindronde teen die Rus Andrey Rublev.