Kaapstad wil stedelike woud-beleid implementeer

Kaapstad se inwoners word uitgenooi om tot die einde van die maand deel te neem aan die konsep stedelike woud-beleid wat die huidige boom-bestuursbeleid gaan vervang. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê die stad wil sy boombestuurbeleid “verplant”. Van der Ross sê verstedeliking neem al meer toe en dit is belangrik om ‘n balans te vind tussen volhoubare ontwikkeling en die beskerming van die omgewing.