Navorsing: Media-landskap in Afrika verander drasties

Volgens navorsing is Afrika se media-landskap besig om vinnig te verander. Gereelde afhanklikheid van digitale bronne vir nuus het byna verdubbel in net vyf jaar, met meer as vier uit tien volwassenes in 34 lande wat ondervra is, wat aandui dat hulle hulle ten minste ‘n paar keer per week na die internet of sosiale media wend vir nuus. Christie Keulder, ‘n navorser by Survey Warehouse, gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die bevindings rakende die regulering van sosiale media deur die regering, en hoe ‘n mens daardie bevindings kan interpreteer.